On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

South Africa

Oorsaak van Helderberg-ongeluk 35j. later weer oor bespiegel

───   BAMBATHA GIKO 13:25 Mon, 28 Nov 2022

Oorsaak van Helderberg-ongeluk 35j. later weer oor bespiegel | News Article
’n Stuk van die romp van die SAL-vlug 295 word uit die Indiese Oseaan gehaal. FOTO: Mauritius Times

Die Suid Afrikaanse skrywer, Chris Schoeman, sê die oorsaak van die Helderberg-ramp 35 jaar gelede was as gevolg van 'n elektriese kortsluiting wat tot 'n brand in die romp van die vliegtuig gelei het.

Schoeman, die skrywer van Nêrens Veilig, sê daar was baie samesweringsteorieë, bespiegelings en beskuldigings oor die oorsaak en omstandighede rondom die vlug. 

In 2014 het 'n kenner van vliegtuigongelukke, Mark Young, egter uitgevind dat die oorsaak reg onder almal se neuse was.

“Die romp van die Helderberg was uitgevoer met 'n spesifieke tipe elektriese bedrading, wat hulle Kapton noem. Dit was 'n baie fyn en hoogs vlambare isolasie wat hulle in verskeie van hierdie Boeings aangebring het,” voeg Schoeman by.

Al 140 passasiers en 19 bemanningslede het hulle lewens op 28 November 1987 verloor toe die Boeing 747 naby Mauritius in die see neergestort het nadat 'n brand aan boord ontstaan het.

Dié ongeluk is die SAL se mees omstrede ongeluk en het reaksie oor die wêreld heen ontlok.Onder bevel van kaptein Dawid Jacobus Uys het die vlug van Taipei, die hoofstad van Taiwan, gekom.

Die vlug was te midde van die wapenverbod teen Suid-Afrika, en daar is sterk bespiegel dat die brand ontstaan het weens onwettige ammunisie en vrag aan boord.

Vir jare het bewerings die ronde gemaak dat kajuit-stemopnames gedurende hierdie deurslaggewende tyd vermis geraak het.

Daar was bewerings dat die vermiste bande sou bewys dat Uys vroeër gevra het om te land, maar aangesê is om dit nie te doen nie.

Die lugramp bly steeds een van Suid-Afrika se ergste lugrampe tot nog toe.

OFM-nuus/Bambatha Giko

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.