South Africa
Minstens agt dood na Boksburg ontploffing─── 11:05 Sat, 24 Dec 2022
Agt mense is na bewering dood in 'n voorval waarin 'n gastenkwa Saterdagoggend in 'n woongebied in Boksburg, oos van Johannesburg, ontplof het.
Ekurhuleni-ramp- en noodbestuursdienste sê verskeie mense is kritiek beseer.
Hulle sê die bestuurder van die vragmotor, wat aan LP Gas behoort, het onder 'n laagliggende brug gery en die bokant van die voertuig geskraap.
Dit het vermoedelik die ontploffing veroorsaak. ’n Video op sosiale media wys hoe inwoners desperaat van die ontploffing weggehardloop.
Horrific videos are emerging from the scene [Too horrific to share]...our thoughts are with all those killed and injured and those attending to the multiple victims! #RIP #EMS https://t.co/P9FWavknsf
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) December 24, 2022
Die OR Tambo-gedenkhospitaal wat naby die toneel is waar die ontploffing plaasgevind het, is ook na verneem word beskadig.
Boksburg hospital after the explosion. Multiple fatalities and injuries after explosion of a gas tanker in Boksburg https://t.co/aip66VLivt #ArriveAlive #TankerExplosion #Boksburg @EMER_G_MED pic.twitter.com/tHXc67NtCY
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) December 24, 2022
Simon Zwane van die Padverkeersbestuurskorporasie sê, “Dis 'n woongebied, net verby die hospitaal en daar is 'n paar huise. Dis nie baie ver van Germiston af nie.”
