On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Ontsnapte tier in Edenvale gevang

───   17:16 Mon, 30 Jan 2023

Ontsnapte tier in Edenvale gevang | News Article
Die jong tier van Edenvale is verdoof en na 'n versorgingsoord geneem. FOTO: Twitter

‘n Jong tier wat vroeg Maandagoggend op ‘n “uitstappie” in Edenvale, Johannesburg gegaan het, is suksesvol gevang nadat dit verdoof is.

Volgens ‘n berig deur The Citizen het verskeie instansies gehelp het om die tier in Edenvale op te spoor en te vang. Die dier is verdoof en na 'n diere-versorgingsoord geneem.

Die tier is in die vroeë oggendure deur veiligheidsbeamptes opgemerk terwyl hulle beeldmateriaal van ‘n besigheid se sekuriteitskameras gemonitor het.

Daar is ook gesien hoe die tier met honde in die woonbuurt speel.

Inwoners is vooraf gewaarsku om waaksaam te wees en troeteldiere binnenshuis te hou.

LEES OOK: Nog 'n tier op vrye voet

Dit is die tweede voorval van 'n tier op vrye voet in Suid-Afrika in soveel weke.

Dit is nog nie bekend waar die jongste tier vandaan kom nie, maar owerhede glo dit is 'n ontsnapte troeteldier.

Twee weke gelede was die land op hol nadat Sheba, ‘n troeteltier van Walkerville suid van Johannesburg ontsnap het. Sy het ‘n man aangeval en twee honde doodgemaak voordat sy ná 'n reuse-soektog van bykans vier dae opgemerk en van kant gemaak is.

Haar dood het daartoe gelei dat dierewelsynsgroepe pleidooie gerig het dat die regering mense verbied om wilde diere as troeteldiere aan te hou.

“Om wilde diere in gevangenskap te hou, stel mense onteenseglik bloot aan ‘n moontlike aanval. Weens ontoereikende wetgewing en geen inspeksies deur die owerhede nie, het dit vir leke maklik geword om gevaarlike en eksotiese wilde diere te besit en te teel,” sê die Dierebeskermingsvereniging in ‘n verklaring.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.