On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

DA, Solidariteit gaan ramptoestand in hof betwis

───   14:43 Fri, 10 Feb 2023

DA, Solidariteit gaan ramptoestand in hof betwis | News Article
PHOTO: Supplied

Die DA en die vakbond Solidariteit is albei van voorneme om die aankondiging van 'n nasionale ramptoestand in die hof te betwis.

President Cyril Ramaphosa het Donderdagaand tydens sy staatsrede die energiekrisis as 'n nasionale ramptoestand verklaar.

Die verklaring, wat reeds in die Staatskoerant gepubliseer is, is bedoel om die regering se pogings te versnel om die elektrisiteitstekort aan te pak wat ekonomiese striem.

Jacaranda-nuus berig John Steenhuisen, DA-leier, meen die verklaring is ’n gevaarlike stap van die president se kant af.

“Suid-Afrika was al voorheen op hierdie pad. Tydens die Covid-19-pandemie het ons die gebreke in die wetgewing gesien wat betref nasionale rampe, wat die ANC onbeperkte mag gee om sonder enige parlementêre toesig te plunder.

“Die DA is reeds in die hof om die Rampbestuurswet ongrondwetlik te verklaar en ons sal nou dieselfde doen om die ANC-plunderwaansin te voorkom, wat so seker op Ramaphosa se aankondiging sal volg as wat die nag die volg,” sê Steenhuisen.

Hy sê die ramptoestand sal die ANC net 'n geleentheid bied om verkrygingsprosesse te misbruik.

Intussen sê Dirk Hermann van Solidariteit die vakbond gaan ook hof toe.

“Ons durf nie 'n herhaling toelaat van die regering se magsmisbruik wat tydens die Covid-19-ramptoestand plaasgevind het nie. Die besluitneming wat gelei het tot 'n verbod op warm hoendermaaltye en 'flip-flops' wil nou besluite oor die energiekrisis neem sonder behoorlike toesig. ’n Ramptoestand sal nie die energiekrisis vinniger beëindig nie, maar dit maak weer die deur oop vir groot misbruik. Dit is eenvoudig 'n verloor-verloor situasie.

“Geen hoeveelheid wetgewing kan nutteloosheid en onbevoegdheid regstel nie. ’n Ramptoestand is gelyk daaraan om ’n onbevoegde bouer ’n groter hamer te gee – dit sal nie tot beter konstruksie lei nie, maar eerder tot meer skade,” sê Hermann.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.