On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Beheer dan ook polisie se vuurwapens – VF Plus

───   06:45 Tue, 14 Feb 2023

Beheer dan ook polisie se vuurwapens – VF Plus | News Article

Die Vryheidsfront Plus sê vuurwapenwetgewing moet op almal van toepassing wees en nie net op die publiek nie, en vra dat strenger vuurwapenbeheer op polisie- en metropolisielede toegepas word “omdat hulle gereeld wapens verloor”.

Dit volg nadat die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, strenger vuurwapenbeheer bepleit het ná die skietdood van die hip hop-ster Kiernan ‘AKA’ Forbes en sy vriend, die sjef Tebello ‘Tibz’ Matsoane.

Die VF Plus sê die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, is al verskeie kere daarop gewys dat wapens wat as bewysstukke ingedien word, uit die polisie se stoorkamers gesteel word.

“Dit geld ook vuurwapens wat by polisiekantore ingedien word in afwagting van vuurwapenlisensies. Dié vuurwapens beland gereeld in misdadigers se hande.”

In Februarie 2022 is 175 wapens uit die Norwood-polisiekantoor gesteel wat later op moord- en rooftonele gevind is.

In die 2018/19-finansiële jaar in Gauteng is 124 polisiewapens verloor of gesteel, in die 2019/20-finansiële jaar 113 en in 2020/21-finansiële jaar 104.

"Wetstoepassingslede moet ook met genoeg vuurwapens, ammunisie en voertuie toegerus word om hul taak suksesvol uit te voer.  In vele gevalle het misdadigers meer en beter wapens as polisielede.”

Volgens statistiek deur die nie-regeringsorganisasie Gun Free SA, word meer as 9 000 wapens jaarliks as gesteel of vermis aangemeld, terwyl 30 mense daagliks met wapens vermoor word en 24 wapens elke dag in die onwettige mark in Suid-Afrika beland. 

Die NRO sê daar is meer as vier miljoen gelisensieerde wapens in die land.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.