On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

‘Sonkrag-korting is goeie nuus, maar skiet tekort’

───   07:01 Thu, 23 Feb 2023

‘Sonkrag-korting is goeie nuus, maar skiet tekort’ | News Article

“Dit is goeie nuus dat die regering individue en ondernemings met belastingaftrekkings wil aanspoor om sonkragpanele te installeer, maar dit is nog nie genoeg om die gaping te vul wat deur Eskom se swak prestasie gelaat word nie.”

Só sê Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslike regeringsake.

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het tydens sy begrotingsrede gesê belastingbetalers kan van 1 Maart 2023 aanspraak maak op 'n 25%-korting op die koste van sonpanele, tot 'n maksimum van R15 000.

“Dit blyk dat ondernemings vir die koste van die omvattende kragoplossing – wat panele, batterye en wisselrigters insluit – tot en met 125% van die koste daarvan van hul belasbare inkomste kan aftrek.

“Ondernemings kon in die verlede reeds 100% van die koste van sonkraginstallasies van hul belasbare inkomste aftrek en nogtans het die vlak van beurtkrag toegeneem. Die korting vir individuele belastingbetalers behoort nie ’n impak op die groter kragkrisis te maak nie, maar ondernemings kan dalk hiermee verligting kry.

LEES OOK: VF Plus vra vir belastingafslag in begroting

“Hoewel hierdie ’n stap in die regte rigting is, is dit nie genoegsaam om die leemte in Eskom se prestasie aan te spreek nie.”

Mostert meen hierdie toegewing kan ‘n impak op Eskom se tariewe-aansoeke in die toekoms hê, asook munisipaliteite se vermoë om dienste te lewer.

“Munisipaliteite maak verkeerdelik gebruik van elektrisiteitsverkope om hul begrotings aan te vul om ander dienste te befonds.”

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.