On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

South Africa

SA kan nouliks EFF se plundery bekostig – ActionSA

───   16:15 Tue, 14 Mar 2023

SA kan nouliks EFF se plundery bekostig – ActionSA | News Article

ActionSA sê Suid-Afrika kan nie toelaat dat ’n radikale minderheid die nasie se ekonomiese aktiwiteit bepaal nie, veral aangesien die land reeds aansienlike hindernisse moet oorkom om die samelewing tot almal se voordeel te verbeter.

Herman Mashaba se party veroordeel die EFF se dreigement van ’n “nasionale stilstand” op Maandag 20 Maart ten sterkste, veral dreigemente van volkskaalse anargie en wetteloosheid en dat ondernemings wat nie uit hul eie sluit nie, geplunder kan word.

“Die EFF se verklaarde dreigemente oor nasionale sleutelpunte, soos die OR Tambo-lughawe (in Gauteng) en handelshawens, is nie net onverantwoordelik nie, maar krimineel,” sê ActionSA in ’n verklaring.

Die party meen die EFF verstaan nie – of gee bloot nie om nie – dat so ’n stilstand tot ekonomiese verliese kan lei wat die werkers, wat die EFF voorgee om te verteenwoordig, hul werk kan laat verloor. Boonop sal die polisie en nooddienste daarvan weerhou word om lewensbelangrike dienste in arm gemeenskappe te lewer om die EFF se misdadigheid te bekamp.

Herman Mashaba, ActionSA-leier.

“Suid-Afrika se ekonomie ly reeds onder ’n magdom krisisse deur die ANC se toedoen. Wat die land nou veral nie nodig het nie, is dat die EFF sy lede opsweep om nog vernietiging aan te rig.

“Ons kan ook nie bekostig om die boodskap aan die wêreldgemeenskap oor te dra dat ons ’n nasie van boewe is ’n tydstip dat ons dringend buitelandse belegging moet lok om die ekonomie te laat groei en werkgeleenthede te skep.”

‘Ons kan nie die land se probleme met wetteloosheid oplos nie’

Volgens ActionSA het die EFF keer op keer bewys dat hy ’n party van boewery is wat feitlik glad nie belangstel in die ware uitwerking van sy optrede op die samelewing nie. “Onder Julius Malema se leierskap saai die party steeds verdeeldheid en hoort lede se gedrag nie tuis in ’ons grondwetlike demokrasie nie.”

ActionSA moedig wetstoepassingsagentskappe aan om ’n stokkie te steek voor die EFF se onwettige optrede te steek en op die polisie en weermag  om op 'n gereedheidsgrondslag te wees en plundery en saakbeskadiging te keer.

“Ons het begrip vir Suid-Afrikaners se frustrasie met die ANC-regering, maar ons kan nie die land se probleme met wetteloosheid oplos nie,” sê ActionSA.

“Al manier om die land reg te ruk, is om die ANC te ontsetel. Ons doen ’n beroep op Suid-Afrikaners om hul demokratiese mag te gebruik en te stem vir ’n beter toekoms, pleks daarvan om hul mag te gebruik om ons ekonomie verder te vernietig.”

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.