On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Ramaphosa sê anargie nie in Suid-Afrika geduld

───   08:18 Fri, 17 Mar 2023

Ramaphosa sê anargie nie in Suid-Afrika geduld | News Article
Julius Malema, leier van die EFF. FOTO: Facebook

President Cyril Ramaphosa sê die reg om te betoog is diep ingebed in die land se Grondwet, maar "anargie en wanorde sal nie in Suid-Afrika toegelaat word nie".

Hy sê diegene wat wil uitgaan en betoog moet dit vreedsaam doen, berig eNCA.

“Betogers moenie ander mense se regte intimideer of beperk nie.”

Sy waarskuwing volg op die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se beplande aksie om die land tot stilstand te bring, wat vir eerskomende Maandag geskeduleer is.

"Ek wil dit duidelik stel: wanorde en anargie sal nie toegelaat word nie. Ons sal nie toelaat dat diegene wat anargie wil versprei, maak wat hulle wil hier in Suid-Afrika nie," sê hy.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.