South Africa
‘EFF misluk om land tot stilstand te bring’ – AfriForum─── 07:25 Tue, 21 Mar 2023
“Die EFF se mislukking om die land tot stilstand te dwing, dui op die min steun wat die party het en dat die publiek nie by sy radikale retoriek aanklank vind nie,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid.
“Die party het hard probeer om op sosiale media die indruk te skep dat hulle die land ontwrig het, maar dit was duidelik die meeste mense het soos normaal met hul dag voortgegaan.
“Sporadiese gevalle van geweldpleging en vandalisme deur EFF-ondersteuners het wel voorgekom maar was geïsoleerd.
“Die party het gemeenskappe se gereedheid om hul gebiede te beveilig, onderskat.”
Broodryk sê AfriForum se meer as 160 buurtwagte landwyd was deurgaans op ’n gereedheidsgrondslag en het vinnig reageer waar daar voorvalle was.
