On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Toename in massamoorde 'ontstellend'

───   14:37 Tue, 04 Apr 2023

Toename in massamoorde 'ontstellend' | News Article

Voorvalle van massamoorde in Suid-Afrika is besig om skerp toe te neem en slegs 6,8% van dié wat in hegtenis geneem is en in die hof verskyn het, is skuldig bevind.

’n Massamoord is waar twee of meer persone in dieselfde voorval vermoor word.

Hierdie voorvalle het in die boekjare 2019/20 tot 2021/22 jaarliks toegeneem van 438 voorvalle en 1 009 sterftes in 2019/20 tot 769 voorvalle en 1 791 sterftes in 2021/22. Vanaf 1 April 2019 tot 30 Desember 2022 is 5 709 mense in die land in 2 446 voorvalle vermoor.

Die meeste voorvalle en sterftes vind in KwaZulu-Natal plaas, met Gauteng daarnaas.


Die minister van polisie, Bheki Cele, het dit bekend gemaak in antwoord op ’n parlementêre vraag van dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier. 

Buiten die moordsyfer is dit ook ontstellend dat alhoewel 1 511 persone in verband met die moorde in hegtenis geneem is en in die hof verskyn het, slegs 103 – ’n skrale 6,8% – skuldig bevind is.

Anders gestel, van die 1 511 persone wat in hegtenis geneem is, is 1 408 onskuldig bevind. Dit is ’n aanduiding van swak ondersoekwerk en sal verduidelik moet word.

Met ’n moordsyfer van vyf keer meer as die wêreldgemiddeld (7/100 000 en Suid-Afrika 36/100 000), die omvang van massamoord en ander misdaad in Suid-Afrika, die probleme in die polisie en die onvermoë om misdadigers suksesvol te vervolg, is dit duidelik dat die staat nie die burgers van die land teen misdadigers kan beskerm nie.

Die jongste misdaadstatistieke bewys dat misdaad buite beheer raak en minister Cele moet die verantwoordelikheid daarvoor neem.

Mediaverklaring

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.