On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Transitorooftogte styg met 24%

───   05:00 Fri, 21 Apr 2023

Transitorooftogte styg met 24% | News Article
PHOTO: G4S

Transitorooftogte het vanjaar in die eerste drie maande met 24% toegeneem, vergeleke met dieselfde tydperk in 2022.

Die afgelope paar weke was daar aansienlik meer gewelddadige transitorooftogte.

SABC News berig die meerderheid van die rooftogte was in Gauteng en die Oos-Kaap,  gevolg deur Mpumalanga en Limpopo.

Die woordvoerder vir die Kontant-in-transito-vereniging van Suid-Afrika (Citasa), Grant Clark, sê: “Transitorooftogte het met 24% toegeneem vir die eerste drie maande van 2023 in vergelyking met dieselfde tydperk in 2022. As ons dit maand tot maand vergelyk, het dit in 2023 met 37% gestyg.”

“In Gauteng is in die eerste kwartaal ‘n 40%-styging aangeteken, in die Oos-Kaap 22%, KwaZulu-Natal 12%, Mpumalanga 10%, Limpopo 9%, Noordwes 4%, die Wes-Kaap 3%, en die Vrystaat 1%. Geen voorvalle het in die Noord-Kaap voorgekom nie,” sê Clark.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.