South Africa
2024-verkiesing: Rekordgetal partye sal na verwagting meeding─── 12:08 Mon, 24 Apr 2023
Die Suid-Afrikaanse kieser sal by volgende jaar se stembus baie bederf wees met ’n wye keuse van partye.
Daar word verwag dat meer as 200 politieke partye aan die algemene verkiesing van 2024 sal deelneem.
Die Verkiesingskommissie doen ook voorbereidings dat onafhanklike kandidate – wat vir die eerste keer in aanmerking kom – vir posisies in die provinsiale en nasionale wetgewers kan staan.
Daar is nog 'n geleentheid vir nuut-gestigte partye om op die stembrief te kom.
Terwyl partye voorberei om kiesers voor volgende jaar se peilings te lok, sal een van hul grootste uitdagings wees om diegene te oortuig wat besluit het om hul rug op politici te draai.
OFM-nuus
