On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Herstelwerk sal nie bestuurslisensiekaarte raak

───   10:59 Thu, 04 May 2023

Herstelwerk sal nie bestuurslisensiekaarte  raak | News Article

Die Departement van Vervoer sê die produksie van bestuurslisensiekaarte sal nie geraak word deur herstelwerk aan die masjien wat hierdie kaarte maak nie.

Onderhoud aan die masjien wat bestuurslisensiekaarte maak, is in April gedoen omdat 'n belangrike onderdeel vervang moes word.

“Kaartproduksie sal binne die volgende twee tot drie weke hervat word,” sê die Departement van Vervoer.

Die departement hou vol dat die vervaardiging van bestuurslisensiekaarte nie geraak sal word nie.

“Die departement vra die publiek om soos normaal voort te gaan om vir hul bestuurslisensiekaarte aansoek te doen.”

Verlede jaar het die masjien wat bestuurslisensiekaarte maak, die tweede keer in minder as ’n jaar onklaar geraak.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.