On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Gesin beleef nagmerrie ná reisagent se beloftes

───   15:56 Fri, 30 Jun 2023

Gesin beleef nagmerrie ná reisagent se beloftes | News Article
Die reisagent het na bewering nooit die Fourie-familie se vliegtuigkaartjies na Bali toe betaal nie.

Flip en Elsabé Fourie van Midstream Estate in Centurion is ontsteld nadat ’n reisagent nooit hulle vliegtuigkaartjies na Bali betaal het nie.

Hulle het twee jaar gespaar om hul seun, dogter en hul gesinne na Bali te neem.

In Junie 2022 het hulle R216 000 vir die vliegtuigkaartjies betaal en Maart vanjaar is die uitstaande bedrag van R289 000 betaal.

“Ons doen al 16 jaar sake met Lorraine Eloff van Eastco Travel in Centurion, maar dit is die eerste keer dat daar probleme is,” sê Elsabé. Op ’n WhatsApp-groep is daar reeds 130 mense wat oor dié reisagent kla.


“Die verskonings het op 31 Mei begin. Dan is dit ’n krisis met China of sy is by ’n kliënt. Op 13 Junie het ek weer gevra waar is die kaartjies, toe sê sy sy stuur dit binnekort.”

Op 19 Junie het sy belowe alles is reg, maar skielik kon hulle nie meer vlieg nie want Qatar het glo die vlug met 40 mense oorboek.

In ’n stemnota aan Flip sê sy hulle moet pak want hulle vlieg op 26 Junie. Die Vrydag voor hul vertrek beweer Eloff hulle skuld nog R199 000 vir hul verblyf. Flip het Club Med in Johannesburg gebel wat bevestig het hul verblyf is in Maart al deur haar betaal. Die Fouries kan dalk hul geld vir die verblyf verloor, omdat alle vlugte na Bali vol is.   


“Qatar en Emirates het ons ingelig dat ons vlugbesprekings nooit gedoen is nie,” sê Elsabé.

In ’n boodskap aan hulle skryf Eloff: “Ek het nie woorde om te sê wat ek julle hele familie aandoen nie en dit was nooit my bedoeling nie. Ek is jammer regtig ek kan niks doen nie. Hierdie is ‘n ramp vir my familie ook want ek gaan alles verloor.”

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.