On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

South Africa

Rooftog in kerk regstreeks uitgesaai - VIDEO

───   13:28 Sun, 30 Jul 2023

Rooftog in kerk regstreeks uitgesaai - VIDEO | News Article
Skermgreep van die video.

Die regstreekse uitsending van ’n rooftog in 'n kerk is deur mense regoor Suid-Afrika en Indië aanskou toe vyf gewapende rowers dié plek van aanbidding bestorm en gemeentelede aangehou het.

'n Rooftog, wat Donderdag by 'n kerk in Verulam, in KwaZulu-Natal, plaasgevind het, is danksy 'n regstreekse beeldsending vasgelê.

In die video van The Witness kan gesien word hoe een van die rowers met 'n vuurwapen na die prediker op die podium stap. Die rower rig sy geweer op die prediker en deursoek sy sakke voordat hy wegstap.


Die rower, wat 'n gesigmasker dra, stap terug en gooi die prediker se leë beursie op die vloer. Hy dra dan 'n plat plasma-TV-skerm onder sy arm en stap weg.

Prem Balram, woordvoerder van die Reaction Unit South Africa (Rusa), sê die rowers het met waardevolle items en drie voertuie weggekom.

Balram het gesê Rusa-lede het omstreeks 08:30 'n maroen Toyota Corolla in Amatikwe, sowat 20 minute van Verulam, teruggevind.

'n Wit GWM Hover met registrasie NT 51979 moet nog opgespoor word.

Geen beserings is aangemeld nie.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.