South Africa
Opposisie voer koalisiegesprekke─── DANE BEISHEIM 11:13 Wed, 16 Aug 2023
Opposisiepartye hou vandag in Kempton Park aan die Oos-Rand ’n nasionale konvensie.
Sewe partye – waaronder die DA, IVP en VF Plus – sal die vorming van 'n koalisieregering ná afloop van die 2024-verkiesing bespreek.
Dr. Pieter Groenewald, VF-leier, sê die enigste manier om Suid-Afrika te red is as opposisiepartye hande neem en saamwerk. "Geen opposisieparty sal op sy eie die ANC kan klop nie."
Die politieke ontleder dr. Piet Croucamp van die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool meen egter die partye het nie veel kans op sukses nie.
