On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Pick n Pay-stigter Raymond Ackerman sterf

───   09:03 Thu, 07 Sep 2023

Pick n Pay-stigter Raymond Ackerman sterf | News Article
Raymond Ackerman (middel) saam met seuns Gareth en Jonathan by Pick n Pay se 50ste JSE-noteringsherdenking. Foto verskaf

Ackerman – wat bekend was vir sy kleinhandelspreuke “om goed te doen is goeie besigheid” en “arm mense het lae pryse nodig, ryk mense hou van lae pryse” – het Pick n Pay in 1967 saam met Wendy gestig nadat hy vier winkels in Kaapstad gekoop het.

Raymond Ackerman, die kleinhandel-ikoon wat die JSE-genoteerde Pick n Pay gestig het, is Woensdagaand in Kaapstad oorlede, het die groep Donderdagoggend bevestig.

“Dit is met diepe hartseer dat ons die dood in die ouderdom van 92 aankondig van ’n visioenêre Suid-Afrikaner en stigter van Pick n Pay, Raymond Ackerman,” het die kleinhandelaar gesê.

“Hy het van meet af aan die kernwaardes geleef dat die kliënt koningin is, dat ons ander moet behandel soos ons behandel wil word, en dat om goed te doen goeie besigheid is. Hierdie waardes lei die besigheid vir meer as 56 jaar, en vandag bedien die Pick n Pay-groep miljoene kliënte in meer as 2 000 winkels regoor Suid-Afrika en sewe ander Afrika-lande,” het Pick n Pay in 'n verklaring gesê.



"Sy besigheidsfilosofie is onderlê deur die "vier bene van die tafel" [administrasie, maatskaplike verantwoordelikheid en bemarking, mense, en handelsware, met die kliënt heel bo] wat aanvanklik deur Bernard Trujillo in die VSA aan Ackerman bekendgestel is."

Raymond Ackerman is in 1931 in Kaapstad gebore. Hy was die seun van die stigter van die Ackermans-kleregroep, Gus Ackerman, en is opgelei aan Diocesan College (Bishops) en die Universiteit van Kaapstad.

Pick n Pay het beklemtoon dat Ackerman uit 'n kleinhandelfamilie kom, met sy pa wat Ackermans ná die Eerste Wêreldoorlog gestig het.

Ackerman is deur baie instansies vereer vir sy dienste aan sowel die besigheid as die samelewing.

Hy laat sy vrou, Wendy, kinders Gareth, Kathy, Suzanne en Jonathan, sy 12 kleinkinders en vier agterkleinkinders agter.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.