South Africa
Golwe van springgety tref verskeie kusdorpe - VIDEO─── 08:45 Sun, 17 Sep 2023
“Ons doen 'n beroep op die publiek om versigtig te wees langs die kusgebiede en in binnelandse riviere, mere en damme.”
Daar was geen aangemelde beserings nie nadat golwe van die springgety 'n aantal kusdorpe in die Oos- en Wes-Kaap getref het.
Volgens Cape Traffic And Safety And Security het die springgety Saterdag 'n aantal voertuie by Bikini Beach in Gordonsbaai opgelig en rondgeslaan.
Earlier this evening -
— ???E TO?? (@CapeTown) September 16, 2023
From Gordon's Bay, these monster waves coming in during Spring tide. ??
Reported via: @CapeTownSquad ?? Original footage TBC for credit. Also reports coming in about more False Bay coastline damage. #capeWeather ???
Stay safe. pic.twitter.com/SdjpnTgt0l
“Die NSRI, SAPD, verskeie brand- en reddingsdienste, die Gordonsbaai-buurtwag en Wes-Kaapse regering was op die toneel waar 'n aantal voertuie omstreeks 15:30 deur die springgety se branders oorval is.
“Geen beserings is aangemeld nie. Ons doen 'n beroep op die publiek om versigtig te wees langs die kusgebiede en in binnelandse riviere, mere en damme tydens dié stormtoestande en sterk winde,” het Cape Traffic And Safety And Security gesê.
Suid-Afrikaners het video's op sosiale media geplaas van massiewe golwe wat geparkeerde voertuie in Gordonsbaai, Stilbaai, Mosselbaai en Drieankerbaai in Kaapstad oplig en rondslaan.
Die publiek word gewaarsku om bewus te wees van die hoër as normale hoogwater, laer as normale laagwater en sterker as normale sleurstrome wat deur die springgety veroorsaak word.
Mense wat langs die kuslyn stap, strand- en rotshengelaars, bootryers, diepseevissers, matrose en seiljagvaarders, branderplankryers en roeiers is gwaarsku om verstigtig te wees.
Ouers word gemaan om te verseker dat kinders verantwoordelike volwasse toesig het naby enige water.
