On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

South Africa

Minister en haar lyfwagte in Gauteng beroof

───   ZENANDE MPAME 13:06 Tue, 07 Nov 2023

Minister en haar lyfwagte in Gauteng beroof | News Article
Foto: eNCA

“ ’n Soektog is van stapel gestuur na hierdie ongekende voorval om diegene wat verantwoordelik is vir hierdie aanval aan te kla.”

Die polisie ondersoek die omstandighede nadat ’n minister en haar twee lyfwagte Maandag (6/11) in die vroeë oggendure beroof is.

Die bande van Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, se motor is deur spykers beskadig, waarna die motor tot stilstand gekom het. Dit het die misdadigers in staat gestel om hulle te beroof.

Hulle was op die N3 tussen Vosloorus en Heidelberg na Pretoria onderweg.

Sindisiwe Chikunga,  minister van vervoer, en haar lyfwagte is Maandag op die N3 beroof. Foto: transport.gov.za

“In die voorval is twee dienswapens van die polisielede en persoonlike besittings geneem. Daar is met ’n soektog begin om diegene wat verantwoordelik is vir hierdie aanval vas te trek,” sê Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder.

Die minister en haar beskermingspan is ongedeerd en veilig ná die voorval.

“Minister Chikunga bly daartoe verbind om haar verantwoordelikhede na te kom en is baie dankbaar vir die oorweldigende ondersteuning wat sy van haar kollegas en die mense van Suid-Afrika ontvang het,” sê Collen Msibi, woordvoerder van die nasionale Departement van Vervoer.

Die betrokke polisielede ontvang ondersteuning en berading en Chikunga is van alternatiewe hulpbronne voorsien.

OFM News/Zenande Mpame Corné/Daphné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.