On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight OFM
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

South Africa

’My klein boetie het getrou! Met Tatjana Schoenmaker!' – Rachel Kolisi

───   06:09 Fri, 10 Nov 2023

’My klein boetie het getrou! Met Tatjana Schoenmaker!' – Rachel Kolisi | News Article
Tatjana Schoenmaker en Joel Smith. Foto: Instagram @rachelkolisi

“Hulle het hul troufoto's op Instagram gedeel met die byskrif: ‘Mr & Mrs Smith’.”

Rachel Kolisi, die vrou van die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, is in ekstase oor haar broer, Joel Smith, wat die afgelope naweek met die Olimpiese swemmer Tatjana Schoenmaker getrou het.

Rachel het gesê sy is verheug dat haar boetie uiteindelik met die liefde van sy lewe getrou het. “My boetie het die naweek met die ongelooflikste vrou getrou en ek kon letterlik nie meer dankbaar wees vir hierdie liefde nie,” het sy gesê.

Rachel Kolisi en haar broer Joel Smith. Foto: Instagram @rachelkolisi

The South African berig hulle het hul troufoto's op Instagram gedeel met die byskrif: “Mr & Mrs Smith”.

Kolisi het die nuus oor haar broer se troue in Oktober laat deurskemer toe sy gesê het sy en haar gesin keer terug na Suid-Afrika sedert hulle in Augustus na Parys verhuis het.

“Nege weke gelede het ons van Durban, Suid-Afrika, na Parys, Frankryk, vertrek. ‘Uitdagend’ sal ’n GROOT understatement wees, maar gister het die kinders hul eerste halftermyn skoolvakansie begin, en dit het vir ons almal soos ’n groot prestasie gevoel.”

“Oor agt dae is ons op ‘n vliegtuig huis toe vir ’n familietroue en ons kan nie wag nie! Dankie vir al die vriendelike boodskappe, ondersteuning, advies en aanbevelings! Ek het die meeste van hulle gelees en waardeer elkeen!” het sy gesê.


Joel Smith, die broer van die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, se vrou, Rachel, het in April vanjaar aan die Olimpiese goue medaljewenner Tatjana Schoenmaker verloof geraak. Hy het op Tafelberg op een knie gegaan en ’n pragtige verloofring aan haar gegee terwyl hy die ja-woord gevra het.

Schoenmaker het dit op Instagram aangekondig: “Ek gaan flippen trou met die man van my drome.”

“Ek kan nie glo dat ek die res van my lewe saam met jou kan deurbring nie.”


OFM Nuus 


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.