On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Bloedvoorraad baie min voor Kerstyd

───   ZENANDE MPAME 12:23 Tue, 12 Dec 2023

Bloedvoorraad baie min voor Kerstyd | News Article
Foto: Facebook/SANBS

“ ’n Eenheid bloed is slegs bruikbaar vir 42 dae ná skenking. Skenkers kan elke agt weke skenk.”

Mense word gevra om voor die Kerstyd bloed te skenk omdat die bloedvoorraad min is. Veldtogte sal by winkelsentrums gehou word en skenkers kan ook na die onderskeie sentrums gaan om bloed te skenk.

Die bloedvoorraad staan vandag op 2,9 dae vir groep B+ en op 2,5 dae vir groep O+. Dit word as kritiek laag beskou omdat albei bloedgroepe net voorraad het vir minder as drie dae. Daar moet voorraad vir minstens vyf dae wees om te verseker dat daar genoeg bloed vir pasiënte beskikbaar is.

Die huidige bloedvoorraad is kritiek laag. Foto: sanbs.org.za

“ ’n Eenheid bloed is slegs bruikbaar vir 42 dae ná skenking. Skenkers kan elke agt weke skenk,” sê Khensani Mahlangu, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS).

Veldtogte word hierdie tyd van die jaar gehou omdat skole, universiteite en maatskappye gewoonlik vir die vakansie gesluit is. Daar is ook altyd baie bloed nodig weens trauma en ongelukke.

‘Elke eenheid bloed kan drie mense se lewe red’

“Elke pasiënt wat ’n bloedoortapping benodig sal deur die tekort geraak word. Dit sluit in vroue en babas in die kraamsale, asook kanker- en traumapasiënte wat baie bloed benodig,” sê Mahlangu.

Die SANBS hoop om 3 000 eenhede bloed per dag in te samel. Elke eenheid bloed kan minstens drie mense se lewe red omdat rooibloedselle, plasma en bloedplaatjies geskei word.

OFM News/Zenande Mpame dg/cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.