South Africa
10 000 nuwe polisielede van Woensdag af ontplooi─── 12:23 Wed, 13 Dec 2023
“Ons fokus op rooftogte met verswarende omstandighede, soos transitorooftogte, en op ontvoerings.”
Die polisie sal Woensdag begin met die ontplooiing van 10 000 nuwe lede landwyd om die skerp toename in misdaad wat oor die feetyd ervaar word, teë te werk.
Dit sal oor drie dae gebeur. Die amptelike ontplooiing sal by ’n stadion in die Paarl in die Wes-Kaap plaasvind.
Cassel Mathale, die adjunkminister van polisie, lei dié inisiatief om misdaad oor die feestyd te verminder.
#sapsHQ The 2023/2024 annual #SaferFestiveSeason campaign will be bolstered by a strong contingent of new recruits who joined the fight against crime in the peak of the holiday season. These new constables will be deployed at various hotspots around the country to keep tourists,… pic.twitter.com/Lj2mwvCmhK
— SA Police Service ???? (@SAPoliceService) December 13, 2023
Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê daar word van die lede verwag om te help met die hantering van geweldsmisdade, insluitend rooftogte en ontvoerings.
“Ons nasionale, veiliger feesbedrywighede is in volle swang. Ons fokus op rooftogte met verswarende omstandighede, soos transitorooftogte, en op ontvoerings. Ontvoerings skep probleme vir ons. Ons fokus ook op geslagsgeweld in die feestyd.
“Ons verskerp ook ons fokus en pogings langs die grense om te verseker dat onwettige immigrante wat die land binnekom of uitgaan, wel gearresteer word. Ons wil verseker dat onwettige goedere ook nie die land binnekom nie,” sê Mathe.
OFM Nuus cg/dg
