South Africa
Ghoen, skedonk, volkspele pryk nou in Oxford-woordeboek─── 12:03 Thu, 28 Dec 2023

Dit is nie ongewoon dat Suid-Afrikaanse woorde in die Oxford English Dictionary opgeneem word nie.
Eg-Suid-Afrikaanse woorde soos skedonk, ghoen en volkspele is vanjaar in die Oxford English Dictionary (OED) opgeneem.
Dit is nie ongewoon dat Suid-Afrikaanse woorde in die OED opgeneem word nie en vanjaar het die volgende agt woorde hul buiging gemaak:
- ghoen;
- lightie (jong seun oftewel laaitie)
- lightning bird ('n mitologiese wese in Zoeloe-volksverhale, bekend as impundulu)
- skedonk
- toppie (ouerige man)
- volksliedjie
- volkspele
- volkswil.
In die verlede is woorde soos Amakhosi, deurmekaar, eina, howzit en voetstoots by die OED gevoeg.
‘Die woorde weerspieël die eiesoortige identiteit van die gemeenskap’
Die OED werk saam met taalkenners van en in Suid-Afrika om te verseker dat inskrywings vir Suid-Afrikaanse Engelse woorde “die alledaagse realiteit en eiesoortige identiteit van die gemeenskap weerspieël”.
Enigeen kan ’n voorstel vir ’n Suid-Afrikaanse Engelse woord indien deur die OED se webwerf by oed.com te besoek.
OFM Nuus/Christine van der Westhuizen dg