South Africa
‘Wedywering vir Oscar se storie verbaas nie’─── 13:28 Thu, 11 Jan 2024

“Oscar sal nie die eerste een wees nie; baie mense het al voordeel getrek uit die opbrengs van misdaad ... ”
Die Britse media berig uitgewers staan tou met boekaanbiedings vir die Paralimpiese atleet en veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius, oor sy ervaring as ’n gevangene.
Dit kom minder as ’n week nadat hy op parool vrygelaat is. Pistorius het die helfte van sy vonnis van meer as 13 jaar uitgedien vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentynsdag in 2013.
Adv. Brenda Madumise, aktivis teen geslagsgeweld (GBV) en direkteur by Wise4Afrika, sê daar is niks nuuts oor misdadigers wat hul lewensverhale skryf en in die proses geld maak nie.
“Oscar sal nie die eerste een wees nie; baie mense het al voordeel getrek uit die opbrengs van misdaad ... Niemand beskou dit as oneties of bevraagteken die moraliteit daaromtrent nie. Dit is ’n praktyk wat al jare aan die gang is.”
#WrongfulConvictionOfOscarPistorius book invokes an alternative explanation for Oscar Pistorius behaviour on 14/02/13. The tragic event could be explained by a sleep disorder or Parasomnia, sleepwalking. #OscarPistorius
— C4OscarPistorius (@4OscarPistorius) September 23, 2020
Read> pic.twitter.com/HuWqU9Ixb7
Madumise sê boekaanbiedinge vir Pistorius verbaas nie, aangesien tragedie boeke verkoop.
“Daardie soort tragedie, dit verkoop wel en ek dink hy wil die wêreld vertel hoe hy oorleef het, want die lewe gaan regtig daaroor om teëspoed te oorkom, nie waar nie? Mense verander hul lewe, doen beter en wil hê die samelewing moet dit sien.
“Vir my is dit hoe Oscar met homself en sy demone gaan afreken,” sê Madumise.
Pistorius is nou by die huis en is vir die duur van sy parool vrygelaat in die sorg van sy oom Arnold Pistorius, wat in die luukse Pretoria-voorstad Waterkloof woon. Sy paroolvoorwaardes sluit in geen gebruik van alkohol, asook die bywoning van woedebestuur- en geslagsgeweldskursusse.
OFM Nuus cg/dg