On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Ashmund
Show Background
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

South Africa

Leerlinglisensie: Vrou doen speurwerk vir Valke ná versoek vir omkoopgeld

───   14:34 Tue, 16 Jan 2024

Leerlinglisensie: Vrou doen speurwerk vir Valke ná versoek vir omkoopgeld | News Article

“Daar is aan die klaagster gesê sy kan haar toets deurkom as sy R1 000 betaal.”

’n Vrou wat haar toets vir ’n leerlinglisensie gedruip het, het speurwerk vir die Valke gedoen nadat sy vir omkoopgeld gevra is.

Woordvoerder Dineo Sekgotodi sê die klaagster het haar toets by die Mkhuhlu-toetssentrum in Mbombela gedruip, maar is gesê dat sy dit kan deurkom as sy R1 000 betaal. Die vrou het ingestem en moes vir die Maandag ’n nuwe toets bespreek, voordat sy die Valke genader het.

Sekgotodi sê die Valke is in hierdie geval volgens Artikel 252A geregtig daarop om ’n lokval te stel.

Die klaer het Maandag by die sentrum aangekom, waar die R1 000 suksesvol hande verwissel het. Verskeie ander mense, wat ook Maandag hul toets moes oorskryf, het na bewering dieselfde bedrag aan die twee beamptes betaal het.

Albei verdagtes (45 en 47) is in hegtenis geneem en sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn. Die Valke het die omkoopgeld van R1 000 teruggekry en op ’n ekstra R9 600 beslag gelê.

Sekgotodi sê verklarings is van ander aansoekers geneem omdat hulle ook geld oorbetaal het. Sy het ander wat op dieselfde manier mislei is, versoek om na vore te kom om die Valke van ’n verklaring te voorsien.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.