On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Matriekuitslae rede om trots, optimisties te wees – Ramaphosa

───   08:28 Sat, 20 Jan 2024

Matriekuitslae rede om trots, optimisties te wees – Ramaphosa | News Article
Pres. Cyril Ramaphosa is optimisties oor die beste matriekuitslae tot dusver. Foto: GCIS

“Die 2023-matriekuitslae wys dat ons ’n nasie is wat vir sy jong mense sorg en dat ons jong mense vir hul toekoms sorg deur hul veerkragtigheid en toewyding tot studies.”

Pres. Cyril Ramaphosa sê die verhoogde slaagsyfer wat deur die klas van 2023 behaal is, is te danke aan die vasveslotenheid en ambisie van die leerlinge.

Die 2023-slaagsyfer – die hoogste sedert die begin van Suid-Afrika se demokrasie – het ook meegebring dat die grootste getal leerlinge met universiteitstoelating geslaag het. Die Nasionale Senior Sertifikaat-slaagsyfer het van 80,1% in 2022 tot 82,9% gestyg.

Ramaphosa sê opvoeders, ouers, skoolbeheerliggame en gesondheidsorgverskaffers, wat die leerlinge deur die Covid-19-pandemie gehelp het, het almal hul rol gespeel. “Die klas van 2023 het hulself en die nasie groot rede gegee tot trots en optimisme dat ons belegging in onderwys die sleutel is om ons land vorentoe te beweeg.

‘Ons sukses in onderwys moet ons motiveer’

“Die 2023-matriekuitslae wys dat ons 'n nasie is wat vir sy jong mense sorg en dat ons jong mense vir hul toekoms sorg deur hul veerkragtigheid en toewyding tot studies.

“Die matriekuitslae is ’n onweerlegbare aanwyser van ons omvattende nasionale ontwikkeling gedurende 30 jaar van vryheid en demokrasie. Ons sukses in onderwys moet ons motiveer om nog groter dinge op alle gebiede van ons ontwikkeling te bereik.”

OFM Nuus cg/mc

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.