On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

South Africa

Sentraal-Suid-Afrika skitter by SAPD se nasionale toekennings

───   14:47 Mon, 19 Feb 2024

Sentraal-Suid-Afrika skitter by SAPD se nasionale toekennings | News Article
Die Nasionale Polisie Uitnemendheidstoekennings in Midrand is Vrydagaand gehou. Foto: Twitter.com @SAPoliceService

“Ons is geweldig trots op hul prestasies en die positiewe invloed wat hulle in ons gemeenskap gemaak het.”

Baile Motswenyane, die Vrystaatse provinsiale polisiekommissaris, Baile Motswenyane, het haar gelukwensing oorgedra aan die uitstaande individue wat vereer is op die 9de jaarlikse toekenningsgeleentheid vir uitnemendheid.

Bloemfontein Courant berig die toekennings, wat Vrydag (16/2) in Midrand gehou is, het uitsonderlike prestasies gevier en erken ’n onwrikbare verbintenis tot die handhawing van die hoogste standaarde van diens en professionaliteit binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Luitenant-kolonel Junior Santi van die Taktiese Reaksie-eenheid in Bloemfontein het nie net die titel van Hoë-risikolid van die Jaar (Vlak 8 - 12) verseker nie, maar het ook die gesogte Laureaattoekenning ontvang, wat 'n nuwe voertuig insluit.


Konstabel Mathaha Lekhooa van die Navalsig-speurders het nie net geseëvier in die Polisieminister se Spesiale Toekenning-kategorie nie, maar het ook die rang van adjudant-offisier verwerf. Sy erkenning spruit uit sy ywerige ondersoekwerk in 'n hoëprofielsaak.

Kaptein Pieter Drury van die Bloemfonteinse POP-eenheid het gewen in die afdeling Medium-risikolid van die Jaar (Vlak 8 - 12). Drury dien as die operasionele bevelvoerder by die onwettige mynoperasie in die provinsie, genaamd “Knock Out”. Deur sy noukeurige beplanning en leierskap van die personeel onder sy bevel, het die operasie 1 936 verdagtes in 892 aangemelde gevalle suksesvol aangekeer.

Motswenyane sê: “Ons is geweldig trots op hul prestasies en die positiewe invloed wat hulle in ons gemeenskap gemaak het. Hul onwrikbare toewyding dien as ’n inspirasie vir hul kollegas en weerspieël die gees van uitnemendheid wat ons organisasie definieer.

“Namens die hele Vrystaatse SAPD loof ek elke wenner vir hul besonderse bydraes en betuig ek ons diepste dankbaarheid vir hul volgehoue diens en toewyding tot openbare veiligheid. Weereens baie geluk aan al die wenners. Jul prestasies verdien werklik hierdie erkenning.”

OFM Nuus/Saamgestel deur Warren Hawkins, Bloemfontein Courant dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.