South Africa
Dominee se man hoor vandag oor borgtogaansoek─── KAREN VAN DER BERG 12:42 Thu, 22 Feb 2024

Sy is verwurg en haar keel afgesny.
Die uitspraak in die borgtogaansoek van Werner de Jager (45), wat beskuldig word van die moord op sy domineevrou, word Donderdag (22/2) verwag.
Liezel de Jager was die predikant van die NG Gemeente Suidkus in KwaZulu-Natal toe sy in Oktober 2021 in die pastorie se oprit vermoor is. Sy is verwurg en haar keel afgesny. Hy staan tereg op ’n aanklag van moord met voorbedagte rade. Hy word ook aangekla van twee sake van bedrog.
Ian Cameron van Action Society het weer mense aangemoedig om die hofverrigtinge in die landdroshof op Amanzimtoti by te woon en te betoog dat borgtog nie aan hom toegestaan word nie.