South Africa
Veediewe aangekeer in Kuruman─── 15:16 Fri, 08 Mar 2024
“Vermoedelik gesteelde vee ter waarde van sowat R25 000 is teruggekry.”
Lede van die veediefstal-en-bedreigdespesies-eenheid op Kuruman het twee mans in hegtenis geneem. Vermoedelik gesteelde vee ter waarde van sowat R25 000 is teruggekry.
Die lede het inligting opgevolg oor beweerde veediefstal wat op Donderdag (7/3) op ’n plaas in die distrik plaasgevind het.
‘Die bokke is aan die regmatige eienaar terugbesorg’
Die lede het ure later al 17 vermoedelik gesteelde bokke van ’n plaas in Reivilo in Noordwes opgespoor. Die bokke is positief geïdentifiseer en aan die regmatige eienaar terugbesorg
Die verdagtes is 39 en 43 jaar oud en sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.
Koliswa Otola, provinsiale kommissaris vir die Noord-Kaap, het die Kuruman-polisielede vir hul vinnige reaksie en optrede geloof. Otola het ook bevestig die polisie sal voortgaan om misdaad te bekamp deur besliste polisieoptrede en robuuste gemeenskapsbetrokkenheid.
OFM Nuus/mediaverklaring dg/mc
