On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

South Africa

Beplan aktiwiteite vir die skoolvakansie

───   10:37 Mon, 18 Mar 2024

Beplan aktiwiteite vir die skoolvakansie | News Article
Bring tyd saam met die gesin deur en bevorder die verhouding tussen ouers en kinders. Foto: Unsplash/Mike Scheid

“Ouers moet die televisie afskakel en betrokke raak by werklike speletjies en aktiwiteite met hul kinders.”

Die skole sluit binnekort vir ’n week en baie kinders sal verveeld wees want hulle kan aan niks dink om te doen nie. Wanneer hulle verveeld en sonder planne is, kan hulle soms stout raak, of selfs by gevaarlike of kriminele aktiwiteite betrokke raak indien hulle al ouer is. Wanneer dit begin gebeur, vra ouers dikwels die vraag: “Wanneer begin die skool weer sodat die kinders kan teruggaan skool toe?”

Ouers behoort aan die voorpunt te wees met die beplanning van aktiwiteite vir kinders dié vakansietyd. Dit is ideaal indien ouers verlof kan neem van die werk sodat hulle kwaliteit tyd saam met hul kinders kan deurbring. Indien dit nie moontlik is nie, kan hulle steeds betrokke wees by die beplanning van aktiwiteite.

Ouers kan steeds betrokke wees by die beplanning van aktiwiteite. Foto: Unsplash/Aaron Burden

Die volgende is van die aktiwiteite wat ouers tydens vakansietyd saam met hul kinders kan doen:

1. Werk saam en lewer ’n vrywillige diens

Daar is sopkombuise en kerk- of sosiale groepe wat ekstra hulp soek gedurende die vakansieseisoen.

2. Gaan buite en speel

Kinders van alle ouderdomme waardeer dit wanneer hul ouers saam met hulle speel. Daar is eenvoudige, interessante speletjies wat ouers kan leer en saam met hul kinders kan geniet. Dit bevorder die verhouding tussen ouers en kinders.

Kinders van alle ouderdomme waardeer dit wanneer hul ouers saam met hulle speel. Foto: Unsplash/Caleb Jones

3. Doen iets lekker vir iemand

Ouers en kinders kan ’n werkende buurman se huis of erf gaan skoonmaak, met hul hond stap, aandete maak vir vriende of iemand ’n musiekinstrument leer bespeel.

4. Leer saam iets nuuts

Ouers en kinders kan saam leer om ’n instrument te bespeel, of ’n kookklas, joga, brei, musiek ens. saam te geniet.

5. Maak ’n tydkapsule

Ouers en hul kinders kan pret hê deur saam die hede op te teken en die verlede in hul lewens te onthou. Die kinders sal daarvan hou om voorspellings oor hul lewens te doen.

Span jou verbeelding in en hou konsert. Foto: Unsplash/Aysegul Yahsi

6. Hou jou eie konsert

Ouers en kinders kan ’n draaiboek saam skryf, kostuums ontwerp, naaldwerk of net ’n bietjie verbetering aan ou klere aanbring en dit omskep in kostuums. Hulle kan elkeen ’n rol vertolk, en een kind moet die regisseur wees. 

Hulle kan selfs ’n poppespel doen of ’n gesinsfliek maak en oefen, met toegewysde rolle en kostuums. Hulle kan dan vriende bel om na die voltooide projek te kom kyk.

Volgens Desney Louw, wat ’n VKO-onderwyser is, “moet ouers die televisie afskakel en betrokke raak by werklike speletjies en aktiwiteite met hul kinders”.

OFM Nuus/James Wiliams cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.