South Africa
Pas reisplanne aan by N3-sluiting─── 11:28 Fri, 22 Mar 2024
“Die sluiting sal vir twee dae duur.”
Die N3 sluit hierdie naweek, so maak seker dat jou reisplanne daarvolgens aangepas word. Die pad sal Saterdag van 05:00 gesluit wees.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sê ingenieurs en padwerkers gaan die St Jameslaan-Oosbrugstruktuur en Lancasterbrug sloop.
Notice of Road Closure
— i-traffic KZN (@i_trafficKZN) March 22, 2024
N3 both directions between EB Cloete and M7 (Pinetown)
From Sat, 23 Mar 2024 @ 17h00
until Mon, 25 Mar 2024 @ 04h00
For the demolition of:
-St James (Spine Rd) Eastern bridge structure
-Lancaster bridge pic.twitter.com/Wggct7pZEF
Andrew Sekayita, Sanral-woordvoerder, sê die sluiting sal vir twee dae duur. Hy sê die slopings is deel van hul planne om die pad tussen die Westvillebrug en die Paradise Valleywisselaar op te gradeer.
12h10 22/03 #N3Construction: Between Midway and Frere I/C. Between Harrismith and Warden. Please approach these areas with caution. (11) pic.twitter.com/AGPu7jtAsK
— N3 Toll Concession (@N3Route) March 22, 2024
“Op die N3 sal ooswaartse verkeer na die M7 Noord of Suid herlei word. Swaar voertuie wat suid van Durban ry, word aangemoedig om van die M7 gebruik te maak. (Bestuurders van) swaar voertuie wat oos en noord van Durban ry, word aangemoedig om van die M19 gebruik te maak.
“Die M13 is ook beskikbaar vir ligte voertuie wat oos ry. Op die N3 Wes sal verkeer noord en suid na die N2 herlei word.”
OFM Nuus cg/dg
