On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

South Africa

ANC verloor hofstryd om Zuma se party te laat deregistreer

───   09:34 Tue, 26 Mar 2024

ANC verloor hofstryd om Zuma se party te laat deregistreer | News Article

“Die uMkhonto weSizwe-party gaan in KwaZulu-Natal ’n krag wees waarmee rekening gehou sal moet word.”

Die kieshof het beslis die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het binne die voorskrifte van die wet opgetree toe oudpres. Jacob Zuma se uMkhonto weSizwe-party (MKP) geregistreer is.

Die regerende party het aangevoer dat behoorlike prosesse nie gevolg is toe die MKP geregistreer is nie en het die kieshof in Bloemfontein gevra om die party te deregistreer. Die ANC beweer die MKP het bedrieglike handtekeninge ingedien in sy aanvanklike aansoek om geregistreer te word.

Intussen het Omhle Ntshingila, politieke ontleder, aan eNCA gesê die MKP gaan in KwaZulu-Natal ’n krag wees waarmee rekening gehou sal moet word.

Die kieshof het in die hooggeregshof in Johannesburg beslis die OVK het binne die voorskrifte van die wet opgetree. Die verkiesingskommissie het aangevoer die ANC het nie betyds beswaar gemaak teen die registrasie nie.

Die uitspraak sou na verwagting Maandag (25/3) in die kieshof in Bloemfontein gelewer geword het. Die organisasie Judges Matter, wat die regbank in Suid-Afrika monitor, sê hy hoop die hof sal verduidelik hoekom hy nie gister uitspraak gelewer het in die saak tussen die ANC en die kommissie nie.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.