South Africa
Johannesburg-brande: Skadebepaling kan nog nie begin weens hitte─── 11:55 Thu, 02 May 2024

“Omvang van skade kan nie bepaal word nie, omdat die brug steeds te warm is.”
City Power sal Donderdag (2/5) die omvang probeer vasstel van die skade wat Woensdag aan die elektrisiteitsinfrastruktuur van Johannesburg aangerig is deur die brand langs die M1.
News24 berig veiligheidsbeamptes het by die M1-brug opgedaag, maar hulle kon nie die omvang van die skade bepaal nie, omdat die brug steeds te warm is. Die gevolglike kragonderbreking sal waarskynlik tot volgende week duur, sê dié nutsmaatskappy.
Underground Cable Fire Engulfs Johannesburg CBD in Smoke, Fire Department Responds
— SA REPORTS (@MARIUSBROODRYK) May 1, 2024
Earlier today, a fierce underground cable fire sent billows of smoke over the Johannesburg CBD, particularly affecting the M1 North and South at the Triple Decker interchange in Gauteng. The fire… pic.twitter.com/13RxPGWvDZ
Die Stad Johannesburg het bevestig dat pogings tot kabeldiefstal en vandalisme van ondergrondse infrastruktuur as moontlike oorsake van die brand naby Braamfontein geïdentifiseer is.
Dít nadat die nutspan gereedskap soos ’n ystersaag, hoeksnyer en skroewedraaiers teruggekry het. ’n Selfoon is ook gevind.
Safety officers have arrived at the M1 Bridge in Johannesburg after a fire yesterday.
— Alex Sweet Patrick (@IamAlexSweet) May 2, 2024
The bridge is still very hot, and safety officers are unable to assess the extent of the damage.@News24@TeamNews24 pic.twitter.com/VvgkUuPIO8
Die brand is Woensdag in die vroeë oggendure aangemeld. ’n Donker wolk rook het oor ’n groot deel van die M1 gehang.
“Die omgewing van Braamfontein, Newtown en Parktown is steeds sonder elektrisiteit,” sê Isaac Mangena, City Power-woordvoerder. “Ons verwag om Donderdag met die werk te begin, wat die skoonmaak van die puin sal insluit, en om die omvang van die beskadigde elektriese infrastruktuur en die uitkoms van die herstelplanne te bepaal.
“Intussen werk ons tegnici ook aan alternatiewe om te sien of sommige van die gebiede nie deur die Fort- en Breë-substasie herlei kan word nie.”
OFM Nuus cg/mc/mvh