On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

South Africa

Selfoongebruik lei tot meer ongelukke as spoed, drank

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 12:05 Wed, 15 May 2024

Selfoongebruik lei tot meer ongelukke as spoed, drank | News Article
Foto ter illustrasie: iStock

“Selfoongebruik is die primêre oorsaak van padongelukke.”

Motoriste wat op hul selfoon kyk, hou ’n groter bedreiging op die pad in as dronkbestuurders of spoedvrate.

As deel van die Verenigde Nasies se padveiligheidsprojek wat in Suid-Afrika bekendgestel is, het Discovery Insure onlangs navorsers se bevindings hieroor bekend gemaak. Nagenoeg 19 miljard km, gelykstaande aan 500 000 daaglikse ritte, is ontleed om vas te stel watter gedrag aanleiding gee tot ongelukke, sê Robert Attwell, uitvoerende hoof van Discovery Insure.

“Selfoongebruik is die hoofoorsaak van padongelukke, wat faktore soos die toestand van paaie, voertuigpadwaardigheid en selfs bestuur onder die invloed van drank oortref. Spoed het ook ’n beduidende risikofaktor gebly.” Daar is ook bevind dat die gebruik van ’n selfoon terwyl jy bestuur die grootste uitwerking op ongelukeise het.

Selfoongebruik lei tot die meeste ongelukke. Foto: iStock

Attwell sê Discovery se data toon 52% van kliënte wat ongelukseise ingedien het, was meer geneig om hul selfoon te gebruik terwyl hulle bestuur het.  Hy sê slegs 20 sekondes op ’n selfoon kan die risiko van ’n ongeluk met 60% laat toeneem.

Discovery Insure het ook bevind ongelukke wat tussen 22:00 en 04:00 plaasvind, is ernstiger as dié wat bedags gebeur. Dié ongelukke het wel afgeneem en word grootliks toegeskryf aan die Uber-voordeel wat Discovery aan sy kliënte bied, sê Attwell.

Net 20 sekondes op jou selfoon kan tot ’n ernstige ongeluk lei. Foto: iStock

“Ons het ’n bemoedigende afname gesien in ongelukke saans, maar nou oorskadu die toename in ongelukke weens selfoonmisbruik dié syfers. Ten spyte van ’n goeie padinfrastruktuur in Limpopo, vind die meeste padongelukke steeds daar plaas.”

Die Wes-Kaap is ’n uitsondering: goeie paaie én goeie bestuurdersgedrag, en daarom laer padsterftes. Die data toon ook dat 1% van paaie of kruisings vir 27% van die ongelukke verantwoordelik is. Ingrypings op dié plekke sal dus tot padveiligheid kan bydra.

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.