South Africa
#OFMElectionWatch: Ramaphosa – Die OVK kry vandag my stem─── 13:25 Wed, 29 May 2024
“Die ANC loop gevaar om sy volstrekte meerderheid te verloor.”
Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag (29/5) gesê hy bly vol vertroue dat die ANC ná die verkiesing aan bewind sal bly.
Vir die eerste keer sedert die koms van demokrasie in 1994 loop die ANC gevaar om sy volstrekte meerderheid te verloor en kan hy gedwing word om ’n koalisie te beding.
As they vote today, the people of South Africa will give the African National Congress a firm majority. Under my leadership the ANC ran a formidable and clean campaign with our volunteers covering the length and breadth of our country. The democratic process is going to emerge… pic.twitter.com/tzkumDfvL6
— Cyril Ramaphosa ???? (@CyrilRamaphosa) May 29, 2024
Ramaphosa het in Chiawelo, Soweto, gepraat en gesê dat die party gedurende sy ampstermyn deur die land gegaan het om te verseker dat hulle stemme behou.
“In my gedagtes en in my denkproses is daar nie eens ’n twyfel daaroor nie. Die ANC het onder my leiding ’n formidabele veldtog gevoer.
“Ons het oor die lengte en breedte van ons land gegaan om uit te reik na ons mense en ook om diegene wat twyfel oor stem, aan te moedig om te registreer, en ons was bly om te sien hoe meer en meer jongmense registreer om te stem.”
My address was focused on the state of readiness for the national general election and reflecting on the work of the 6th administration as we close off. pic.twitter.com/VVyIsWCXGf
— Cyril Ramaphosa ???? (@CyrilRamaphosa) May 29, 2024
Ramaphosa het sy sentimente gedeel, nadat hy sy stem by Hitekani Primary School in Soweto uitgebring het. Die president het gesê hy het geen twyfel dat die mense van Suid-Afrika die ANC sal toelaat om voort te gaan om die land te lei nie.
The work of the @IECSouthAfrica should never be interfered with. Interfering with the IEC is interfering with our democracy.#ElectionDay ???#SAElections24 ????#DemocracyInAction pic.twitter.com/P2lyqBVs5R
— Cyril Ramaphosa ???? (@CyrilRamaphosa) May 29, 2024
“Dit is die dag wanneer Suid-Afrika besluit, besluit oor die toekoms van ons land, wie die regering van Suid-Afrika moet wees, en ek twyfel hoegenaamd nie in my hart dat die mense weer vertroue in die African National Congress sal stel om voort te gaan om hierdie land te lei nie.”
Hy het die OVK geloof vir die gladde verloop van die verkiesing en gesê hy kon vir die kommissie gestem het as hulle op die stembrief was. “Ek dink die OVK kry vandag my stem. Dit is jammer hulle het nie as ’n party deelgeneem nie, maar hulle kry my stem, so baie dankie aan almal van julle wat hier is.”
OFM Nuus mvh
