On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

South Africa

Flottielje: Mandela en mede-aktiviste glo Woensdag terug in Suid-Afrika

───   ZENANDE MPAME 15:50 Tue, 07 Oct 2025

Flottielje: Mandela en mede-aktiviste glo Woensdag terug in Suid-Afrika | News Article
Die Suid-Afrikaanse aktiviste sal na verwagting Woensdag terug in Suid-Afrika wees. Foto: X/ Chrispin Phiri

Die Suid-Afrikaanse aktiviste wat deur Israel aangehou is nadat ’n groep bote op pad na Gasa onderskep is, word Woensdag in Suid-Afrika terug verwag. Hulle het Dinsdag (7/10) veilig in Jordanië aangekom.

Dit volg op sterk diplomatieke ondersteuning van die Suid-Afrikaanse regering wat ook opnuut oproepe gedoen het vir solidariteit met die Palestynse inwoners. Die Suid-Afrikaanse aktiviste van die Global Sumud Flotilla sluit in Mandla Mandela, kleinseun van oudpres. Nelson Mandela. 

Tselane Mokuena, ambassadeur, het hulle in Jordanië verwelkom ná openbare druk in Suid-Afrika om hul vrylating te eis.



Die aktivistegroep was deel van die flottielje wat bedoel was om die aandag te vestig op die benarde situasie van Palestynse inwoners in die Gasastrook. Hul aanhouding deur die Israeliese polisie het heftige reaksies van Suid-Afrikaanse burgerlike organisasies, politieke leiers en buitelandse sakelui ontlok.

“Ons kan bevestig al ons kamerade op die Global Sumud Flotilla is veilig en op pad is huis toe,” sê Mandela. “Enigiemand wat hierdie boodskap ontvang, sê asseblief vir my vrou ek kom huis toe.” 

Die skrywer Zukiswa Wanner, dr. Fatima Hendricks, Zaheera Soomar, Carrie Shelver en Reaz Moola is ook onder die Suid-Afrikaners wat aangehou is.

Maandag (6/10) het Israel die Sweedse klimaataktivis Greta Thunberg en 170 ander aktiviste na Griekeland en Slowakye gedeporteer.

Ongeveer 470 mense was aan boord van die 45 burgerlike bote toe die Global Sumud Flotilla verlede week deur Israel onderskep is. Lede van die flottielje wat reeds gedeporteer is, beweer hulle is mishandel terwyl hulle in Israeliese aanhouding was. 

Sommige van die aktiviste word steeds in die berugte Negef-gevangenis aangehou.

Die Negef-gevangenis is een van Israel se grootste gevangenisse en is berug vir die aanhouding van Palestynse politieke gevangenes onder haglike toestande.

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Skakel of Whatsapp die OFM Nuus-lyn: 066 487 1427.

OFM Nuus dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.