On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Mans, vroue aangekeer ná plaasaanval naby Heilbron

───   CHARNÉ VAN DER MERWE 06:51 Sun, 02 Nov 2025

Mans, vroue aangekeer ná plaasaanval naby Heilbron | News Article
’n Plaaswerker is doodgeskiet tydens ’n plaasaanval naby Heilbron. Foto: iStock

Dertien verdagtes sal binnekort in die Heilbron-landdroshof verskyn ná ’n plaasaanval in die Vrystaat.

Die aanval het Saterdag (1/11) in die vroeë oggendure in die Heilbron-distrik gebeur, sê kapt. Lorraine Earle, polisiewoordvoerder. Tydens die aanval is ’n plaaswerker doodgeskiet en sy vrou (34) seksueel aangerand en met ’n voorwerp gesteek. Sy is in die hospitaal met ernstige beserings opgeneem. 

Skape, items gesteel

Earle sê die polisie, die boeregemeenskap, private veiligheidsmaatskappye en ander rolspelers het dadelik met ’n intensiewe soektog begin.

“Binne ure het die polisie daarin geslaag om 13 verdagtes op te spoor en in hegtenis te neem  – elf mans en twee vroue. Ons het ook 22 gesteelde skape, ’n vuurwapen, ’n minibus en verskeie huishoudelike items teruggevind wat vermoedelik tydens die aanval gesteel is.” 

Die verdagtes sal aangekla word van moord, poging tot moord, verkragting, roof en veediefstal.

Genl. maj. Solly Lesia, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die vinnige en gekoördineerde reaksie geprys.

Optree teen geweld

“Hierdie vinnige reaksie en die suksesvolle inhegtenisnemings van die verdagtes wys wat gedoen kan word wanneer die polisie en die gemeenskap saamwerk. Ons sal voortgaan om beslissend op te tree teen enige vorm van geweldsmisdaad."

• Het jy ’n nuuswenk om te deel? Bel of whatsapp die OFM Nuuslyn: 066 487 1427.

OFM Nuus/Charne van der Merwe dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.