The Joyride Blog
Life Hacks─── 15:53 Fri, 23 Apr 2021
Iets vir die naweek.
Ys?
Al ooit by party baie fancy kroee of restaurant daardie ys balle gesien wat hulle in jou glas gooi ipv blokkies ys? Wel nou kan jy jou eie ys balle maak en dit is nie eers moeilik nie. Kry van daardie klein waterbalonnetjies, maak vol met water en vries in die yskas. Indien jy wil he die bal moet mooi rond wees, gebruik ‘n eier houer om die balonne in te plaas. En die gerug is dat dit jou drankie vinniger en langer koud hou.
Hoofpyn?
Vir daardie volgende dag hoofpyne, of indien jy ly aan migraines, is daar ‘n eenvoudige oplossing. Plaas een of albei jou hande in vriesende water en prober om dit vir so lank as moontlik daar te hou. Terwyl jou hande in die water is, maak ‘n vuis en laat los. Herhaal dit vir so lank as moontlik.
Hou jou kar skoon.
Daardie aaklige gevoel wat jy kry as jy uit die winkel of werk stap en jy sien ‘n voeltjie het jou kar as ‘n badkamer gebruik, en gewoonlik net nadat jy hom gewas het. Wel jou probleme is opgelos. Plak ‘n rubber of speelgoed slag aan jou kar vas. Blykbaar, hou dit die voeltjies weg van jou kar af. Ek is so nuuskierig om te weet of die een werk.
Life Hacks:
