The Joyride Blog
What's on the menu - Suurlemoentert─── 16:37 Thu, 10 Mar 2022
Chef Maradine is terug met nog 'n resep! Hierdie week maak ons suurlemoenyskastert.
Bestanddele:
3 koppies melk
1 eetlepel suiker
2 eetlepels vlapoeier
1 blikkie kondensmelk
62,5 ml suurlemoensap
1 pak Tennisbeskuitjies
Maak ‘n gladde pasta aan met 1 koppie melk en die vlapoeier. Kook die melk en voeg die gladde pastamengsel by die kokende melk en 2 eetlepels suiker. Hou aan roer met draadklitser om klonte te voorkom totdat dit verdik het en jy geen melerigheid proe.
Roer gereeld elke minuut tot verdik.

Terwyl die vla afkoel, meng die kondensmelk met die suurlemoensap en roer goed deur om dik te word. Plaas ‘n laag Tennisbeskuitjies in die tertbak en skep ‘n laag vla oor en smeer gelyk.
Skep helfte van kondensmelk bo-op koekies, dan helfte van die vla.
Pak weer ‘n laag koekies en herhaal met kondensmelk en laaste vla.
Druk koekies fyn en gooi bo-oor. Plaas in yskas tot goed gestol.
Geniet jou varsgemaakte suurlemoentert!

What's on the menu - Suurlemoen tert:
