On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

The Joyride Blog

Weird Wide Web - Vrou blykbaar allergies vir swaartekrag

───   15:13 Wed, 31 Aug 2022

Weird Wide Web - Vrou blykbaar allergies vir swaartekrag  | News Article

'n Vrou van die Verenigde State, wat haarself as "allergies vir swaartekrag" beskryf, het onthul dat sy tot 23 uur per dag in die bed spandeer, tot tien keer per dag flouval, en nie langer as drie minute kan staan nie.

Volgens ndtv, beweer Lyndsi Johnson, 'n voormalige lugvaartdieselwerktuigkundige vir die Amerikaanse vloot, sy ly aan een van die wêreld se seldsame siektes.

Sy moet soms selfs met haar bene gekruis sit om nie siek te voel nie.

Die Independent berig dat Johnson in 2015 aan buik- en rugpyn begin ly het. Oor die jare heen het haar simptome vererger. Soveel so dat sy tot tien keer per dag begin opgooi en flou geword het.

Johnson verwys na haar toestand as 'n "allergie vir swaartekrag".

"Ek is allergies vir swaartekrag - dit klink mal, maar dit is waar," het sy aan die Independent vertel.

"Ek kan nie langer as drie minute opstaan sonder om duislig te voel, siek te wees of flou te val nie. Ek voel baie beter as ek lê."

LEES OOK:  Summer droughts reveals history

Volgens Newsweek het die vrou aanvanklik onwel begin voel terwyl sy oorsee ontplooi was.

Soos haar simptome ontwikkel het, het sy met chroniese pyn gesukkel. Dokters kon egter nie bepaal wat fout was nie.

Johnson is in 2018 uit die weermag ontslaan weens haar siekte.

Ses maande later het sy toe erge buikpyn begin kry en begin naar word.

Teen vroeg in 2022 kon Johnson geen kos meer binnehou nie.

Haar toestand het so vererger dat sy moes ophou bestuur.

Sy het selfs gesukkel om vooroor te buk sonder om lighoofdig te voel.

"Ek sou soveel opgooi dat my hart lang ‘QT’-intervalle sou begin gee en ek is in die hospitaal opgeneem vir hartmonitering," vertel Johnson.

Lees meer oor hierdie storie deur hier te klik.



Podcasts

Weird Wide Web - Woman claims to be allergic to gravity:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.