Wat eet ons vanaand?
Wat eet ons vanaand? - Sampioen en broccoli hoender─── 14:34 Wed, 26 Sep 2012

Sampioen en broccoli hoender
Bedien 4-6

1x gaar hoender, bene verwyder en vleis in growwe repe/stukke
Koop gaar hoender by Checkers en Checkers Hyper - dis heerlik en spaar krag!
500g bevrore broccoli (kan vars ook gebruik), dompel vinnig in kookwater met sout en spoel dan met koue water
250ml mayonnaise, meng met die kerriepoeier
10ml kerriepoeier, rooster in ‘droë’ pan op stoof plaat oor lae hitte vir 30 sekondes

WENK: Deur die kerriepoeier te rooster neem dit die ‘rou’ smaak van kerrie weg in jou geregte
1x410g blik sampioenroomsop
250g sampioene, gesny en gebraai
½ suurlemoen, sap
60g botter, gesmelt
3x snye wit broodkrummels
Begin by hoender en pak die res van die bestanddele in lae in ‘n gesmeerde oondbak. Meng die botter en broodkrummels – sprinkle bo-oor die hoendergereg en bak tot deurwarm by 160°C – bedien met slaai van jou keuse.
WENK: Bak die gereg en sprinkle kaas eers oor wanneer die gereg al gaar is. Sit dan weer vir 5 min in die oond. So verhoed jy dat die kaas hard bak.

WENK: Indien jy dalk bang is dat dit te min kos gaan wees, sny gerus skywe aartappels by en voeg dit laag vir laag by wanneer jy die ander bestandele in lae pak.

Luister sommer weer na die resep en na al Sjef Sune Niemand se wenke. Hier is die podcast.