On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

#takenote

SPLINTERNUWE ALBUM VAN DEWALD WASSERFALL AMPER HIER

───   10:27 Tue, 19 Mar 2019

SPLINTERNUWE ALBUM VAN DEWALD WASSERFALL AMPER HIER | News Article

Aanhangers van Dewald Wasserfall sal verheug wees om te hoor dat die gewilde sanger se nuwe album, getiteld “Nuwe Begin” binnekort beskikbaar sal wees.

Die kunstenaar met multi-platinum verkope en sakke vol toekennings agter sy naam, se gewildheid het selfs verder toegeneem nadat hy in 2018 een van die afrigters was op “Die Kontrak.” Bekend vir sy rasperstem, skerp humorsin en liefde vir reis, het Dewald bevestig dat mense meer van die pop-rock-country gevoel van sy vorige albums kan verwag, maar dat hy dinge so bietjie verder vat in terme van musikale uitdagings.

Daar sal 13 liedjies op die album wees, almal uit die pen van Wasserfall, asook Danny Smoke, Johan Oberholzer en Murray Lubbe. Dit sluit ook die liedjie “Nuwe Begin,” wat die temalied van “Die Kontrak” was, geskryf saam met Riana Nel in, asook ‘n duetweergawe van Tom Petty se “Free Falling” saam met “Die Kontrak”-deelnemer, Ivan Roux.

Maar voor die nuwe album se uitreiking, sal radiostasies die eerste treffer vanaf die album ontvang om met lusiteraars te deel. En natuurlik het Kaapse bewonderaars Afrikaans is Groot die afgelope naweek geniet, waar Dewald saam met verskeie ander Afrikaanse kunstenaars opgetree het. En wanneer April aanbreek, sal die nuwe album nie net in winkels beskikbaar wees nie, maar ook op iTunes en Google Play, terwyl dit eksklusief op JOOX gestroomspeel kan word.



Source - Press release provided - Jenny Griesel Communications

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.