On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast James
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Kuns en welstand: ’n Noodsaaklike verbintenis by vanjaar se Kunstefees

───   11:10 Thu, 03 Jul 2025

Kuns en welstand: ’n Noodsaaklike verbintenis by vanjaar se Kunstefees | News Article
Rebecca Cantor is by drie verskillende werksessies betrokke. Foto: Vrystaat Kunstefees

In ’n wêreld wat al hoe vinniger beweeg en mense uitgeput laat, bied die kombinasie van kuns en welstand ’n kosbare ruimte.

Die Vrystaat Kunstefees bied daarom ’n geleentheid om stil te staan, asem te skep en lafenis vir jou siel te vind. Die kragtige verbintenis tussen kreatiwiteit en welstand gaan behoorlik gevier word.

SoulCollage®,  ’n kreatiewe en reflektiewe manier om jou innerlike wêreld te verken. Foto: Vrystaat Kunstefees

’n Welstandprogram is nie slegs ’n modegier nie, dit is ’n noodsaaklikheid. Kuns het nog altyd die vermoë gehad om te genees, te vertroos en te inspireer. Twee van die vroue wat by die welstandprogram betrokke is, vertel meer hiervan.

Rebecca Cantor

Rebecca is by drie verskillende werksessies betrokke waartydens kreatiwiteit, kuns en welstand bymekaar kom.

• Finger knitting – Leer hoe om te brei en wonderlike projekte te skep met net jou vingers.

• Sloer-naaldwerk – Die handwerk word al hoe meer gewild as ’n vorm van kuns. Stukkies afvallap en garing kry ’n nuwe lewe in hierdie werksessie.

• Knooking – Leer hoe om breiwerk met ’n hekelhaak te maak. Nee, dit is nie Tunisiese brei nie, dit is “knooking”.

Rebecca sê baie mense gaan deur rowwe tye ongeag hulle omstandighede. “Kunswerk soos hierdie verbind ons almal. Dit is so goed vir die hart en siel.” Mense wat enige van dié werksessies gaan bywoon kan baie pret verwag. In sommige van hierdie kunswerke sien ’n mens baie vinnig resultate en dit is baie bemoedigend.”

Kreatiwiteit, kuns en welstand kom bymekaar. Foto: Vrystaat Kunstefees

Zarine Roodt

Nog ’n persoon wat weet hoe om kunste en welstand te kombineer is Zarine Roodt.

Sy is betrokke by:

• Writing as Therapy – Skryf is nie net vir skrywers nie. Daar is mense wat skryf ter wille van die terapeutiese waarde daarvan. Hierdie paneelbespreking waarby Lesedi Molefi, Adele Vorster, Lynette van Zyl, Dana Snyman en Zarine betrokke is, gaan jou soveel meer leer as wat ’n mens dink moontlik is. 

Zarine sê dit is ’n groot veer in die hoed vir die Kunstefees om kenners van dié kaliber by die fees te verwelkom.

• SoulCollage® – Dié is ’n kreatiewe en reflektiewe manier om jou innerlike wêreld te verken.

Zarine sê welstand en kreatiwiteit loop hand aan hand. “ ’n Mens se psigiese welstand word bevorder deur kuns. Dit is alles maniere om nuwe insigte te genereer.” Sy sê navorsing het gewys dat wanneer mense betrokke is en kuns skep, word dopamien afgeskei, kortisol word verminder en dit bevorder veerkragtigheid.


Nog ander werksessies wat beloof om ’n groot hoogtepunt by die Vrystaat Kunstefees te wees, is:

• Polimeerklei-oorbelle

• Parfuum werksessie

• Hars-giet Werksessie

• Naaldwerk-werksessie om jou eie drasak te maak.

Michael Garbett, feesdirekteur, sê om welstand in die hart van die fees te plaas, beklemtoon dat kuns nie net vir vermaak bedoel is nie.

“Dit is ook ’n noodsaaklike hulpmiddel vir liggaamlike en geestelike gesondheid. Hierdie holistiese benadering verryk die feeservaring en skep geleenthede vir rustigheid, vreugde en bewustheid.”

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.