Agriculture
PODCAST: #Trump-storm dui op buitelandse kommer─── 12:32 Fri, 24 Aug 2018

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) meen die storm wat losgebars het nadat die Amerikaanse President, Donald Trump, oor grondonteiening en plaasmoorde, getweet het, dui daarop dat buitelandse beleggers bekommerd is.
Trump het Donderdag getweet oor sy kommer rakende die situasie rondom grondbesettings en onteiening, asook die grootskaalse moord op boere in Suid-Afrika. Die SAIRV se Terence Corrigan sê dit is 'n pypdroom van Suid-Afrika dat die grondkwessie nie buitelandse aandag gaan trek nie.
Die verwarring wat rondom onteiening sonder vergoeding bestaan kan grootliks aan swak kommunikasie deur die staat toegeskryf word. Dit is die mening van die direkteur-generaal van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye wat een van die sprekers was op Landbouweekblad en Agri SA se grondberaad op Bela-Bela, in Limpopo, is.
EN
AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die uitgelekte lys van plase wat vir onteiening geoormerk is, akkuraat is. Hy vertel aan OFM-nuus dat daar tans 'n hofstryd plaasvind nadat die regering twee plase van 'Ackerland Boerdery' in Limpopo probeer onteien het. Hy sê die regering het die boer 10% van die eiendomswaarde aangebied, en het hom sewe dae gegee om die eiendom te ontruim.
OFM-nuus