Agriculture
Organisasie bestry misdaad op grondvlak─── ISABEL VAN TONDER 05:00 Mon, 14 Jul 2025

Eyes and Ears (E2) help misdaad bestry in samewerking met ander organisasies en sodoende word die polisie bygestaan in die bestryding van misdaad.
“Eyes and Ears (E2) is ’n misdaadbestrydingsinisiatief tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Business against Crime South Africa (BACSA), die Private Sekuriteitsbedryf (PSI) en goedgekeurde nie-private sekuriteitsrolspelers wat die polisie help om misdaad te bestry,” vertel Jurg Kruger, mede-voorsitter van die E2-organisasie.
Business against Crime is ’n organisasie wat in 1996 gestig is op versoek van Nelson Mandela. Die organisasie se twee belangrikste rolle is om leierskap binne besighede te fasiliteer deur misdaadbevorderende prosesse en die vennootskap met die regering deur kundigheid, inligting, prosesse en tegnologie vanuit die besighede te deel.
‘Eyes and Ears (E2) fokus daarop om SAP se reaksievermoë te verbeter’
“Die mandaat van die organisasie is om situasiebewustheid te verbeter en tesame met ander rolspelers die operasionele reaksie op misdaad te verbeter, veral in situasies waar gedeelde inligting van belang is.”
Die hoofdoel van die organisasie is om die SAPD se reaksievermoë te verbeter. Hulle fokus hoofsaaklik op misdaad soos roof, ontvoerings, afpersings, onrus en onwettige handel. Lede het deurlopende kommunikasie deur middel van Telegram, WhatsApp en ander media.