On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NW skenk vee aan opkomende boere

───   12:18 Wed, 28 Aug 2019

Landbounuus-podcast: NW skenk vee aan opkomende boere | News Article

Opkomende boere in Noordwes word deur die provinsiale departement van landbou en landelike ontwikkeling met veeskenkings bemagtig.


Altesaam tien boere van vier distrikte in die provinsie het Bonsmara-bulle ontvang om hul kuddes aan te vul. Die LUR, Desbo Mohono, het dié bulle Maandag by Armoedsvlakte, 'n plaas waarop vee geteel word by Vryburg, oorhandig. Volgens Mohono is dit nie aanvaarbaar dat beesvleis uit die buiteland aangekoop word, terwyl plaaslike boere dit kan verskaf nie. Die departement se woordvoerder, Emelda Setlhako, sê die oorhandiging was in reaksie op verskeie sessies wat vroeër vanjaar plaasgevind het  waartydens Mohono met boere vergader het in 'n poging om landbou 'n hupstoot te gee.

Twee vroue in die landboubedryf in Sentraal-Suid-Afrika wil hul onderskeie provinsies se naam hoog hou in die nasionale vroue-entrepreneurs eerbewysgeleentheid. Tshidi Pharage 'n 23-jarige bees- en bokboer wat op kommunale grond in Warrenton in die Noord-Kaap boer, was die algehele wenner in dié provinsie. Sy is een van talle vroue oor die land heen wat aan die nasionale kompetisie in Kaapstad deelneem. Dit is die 20ste keer dat dié jaarlikse kompetisie aangebied word. Pharage het aan OFM-nuus gesê, sy glo daar is 'n toekoms vir vroue in landbou, al moes sy groot uitdagings oorkom in haar strewe na sukses. 'n Groenteboer van Sasolburg in die Vrystaat, Mita Mpholo, was die algehele wenner van die Vrystaatse vroue-entrepreneurtoekennings. Mpholo is egter meer as net ‘n goeie boer - Sy is die ruggraat van haar gemeenskap nadat sy die organisasie Mmokeng wa Maqheku gestig het.

EN

Terwyl graanboere in mielieproduksie-gebiede in die sentrale binneland nog volstoom besig is om te stroop, is die land se kommersiële mielie-oes met 34% opwaarts teenoor die vorige skatting aangepas. Die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) het in sy sewende produksieskatting vir somergeasse die mielie-oes op 11,017 miljoen ton gestel, met 'n verwagte opbrengs van 4,79 ton per hektaar. Die produksieskatting vir witmielies is op 5,572 miljoen ton onveranderd gelaat, terwyl die verwagte geelmielie-oes 0,70% meer is as die vorige skatting.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Vernon Baumann


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.