On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan OFM
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vooruitsigte op reën in Wes-Kaapse nie gunstig nie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:26 Wed, 09 Oct 2019

Landbounuus-podcast: Vooruitsigte op reën in Wes-Kaapse nie gunstig nie | News Article

Die vooruitsigte op reën in die komende twee weke in die Wes-Kaapse wintergewasverbouingsgebiede is nie gunstig nie.


Dit kom nadat daar sover dié seisoen ook nie goeie reën geval het om groeitoestande van koring te verbeter nie. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, sê dit is nie goeie nuus vir produsente in gebiede soos die Overberg nie, waar daar reeds gewasskade weens die droogte is. Hy sê produsente in die Swartland, wat nog relatief gehalte oeste gehad het, kan nou in die komende weke verliese ly as droogtetoestande voortduur. Sihlobo sê die Wes-Kaap lewer sowat 61% van die land se winterkoringaanplantings, en is ook die grootste produsent van Canola. Indien hitte en droogtetoestande voortduur, gaan die nasionale koringoesskatting aangepas moet word.

Die Departement van Landbou in Noordwes het onlangs meer as 1 300 honde en 29 katte in een dag teen hondsdolheid ingeënt. Adjunkdirekteur van dieregesondheid in die Ngaka Modiri Molema-distrik, Simon Msenogi, sê dit is die grootste getal troeteldiere nóg wat op 'n dag ingeënt is. Dié inentingsveldtog het plaasgevind in die Ottosdal-gebied. Troeteldiereienaars het die geleenthied gekry om hul honde en katte gratis in te ent. Volgens Msenogi is veldtogte soos dié noodsaaklik om die verspreiding van dié dodelike siekte doeltreffend te voorkom. Hy sê mense kan hondsdolheid opdoen omdat hulle gereeld in noue kontak met hul troeteldiere is. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sterf 55 000 mense oor die wêreld heen jaarliks weens hondsdolheid.

EN

'n Jong boerseun van die Odendaalsrus-gebied in die Vrystaat, wat nou in remissie is nadat kanker by hom gediagnoseer is, se droom om 'n megaboerdery in Suid-Afrika te besoek is bewaarheid. Die agtjarige Peet Pretorius, wat gaande oor die plaaslewe en sy pa se mielieboerdery is, se droom is onlangs verwesenlik toe hy danksy die Reach for a Dream-stigting die Mahela-groep en ZZ2-mega-boerderye in Limpopo besoek het. Klein Peet sê hy het dit geniet om so baie lemoene by die Mahela-boerdery te sien. Hy hou van lemoene en het selfs 'n lemoen geproe. Klein Peet het ook die geleentheid gekry om 'n boom te plant. Hy is ook met 'n helikopterrit bederf. Peet sê hy was aanvanklik bietjie bang, maar het dit toe baie geniet. Peet het vanoggend op OFM se Before Dawn landbouprogram aan Gerben van Niekerk vertel dat hy baie tamaties en geel "trokkies" by die ZZ2-boerdery gesien het. Dié jong knapie kan nie genoeg dankie sê aan al die betrokkenes wat sy besoek moontlik gemaak het nie. Peet het ook 'n baie waardevolle boodskap vir al sy maats.

 



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.