On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Haelstorm tref Potchefstroom

───   11:31 Tue, 10 Dec 2019

Landbounuus-podcast: Haelstorm tref Potchefstroom | News Article

'n Haelstorm in Potchefstroom het gister onder meer die industriële deel van die stad getref, maar die meeste boere buite die stad het dié storm vrygespring.


Dit het wel goed gereën. Peter Ludwig, 'n boer in die Kromdraai-, Mooibank-gebied buite die stad, wat langs die Mooirivier boer, sê hy het die afgelope tyd al 125mm reën gemeet. Dié reën is goed vir die natuurlike veldgroei, maar daar is skade aan sy koringoes weens die reën. Hy sê sy koring was droog en moes gestroop word, maar weens die reën het ontkieming plaasgevind en die koringare het intussen verkleur.

Die voortslepende droogte in die Noord-Kaap raak boere se persoonlike omstandighede. Joe Scholtz van die plaas Patrysfontein by Griekwastad, sê daar is nie vir hom meer 'n moontlikheid om sy boerdery af te skaal nie. Sy betrokkenheid word steeds benodig omdat reserwefondse uitgeput is. Scholtz se plaas is op GWK en Agri Noord-Kaap se "Net 'n Druppel"-inisiatief deur die media besoek, sodat hy sy omstandighede met die media kan deel. Scholtz, wat met skape, beeste en wild boer, sê hy het die helfte van sy kuddes verminder en dit is nou 'n oorlewingskrisis.

EN

Daarmee saam sê die landboubesigheid, GWK, se hoof van bemarking en kommunikasie, Neil de Klerk, dié inisiatief het in sy doel geslaag om die uitdagende toestande van boere in die Noord-Kaap aan Suid-Afrikaners oor te dra. Die "Net 'n Druppel"-inisiatief, wat deur GWK in samewerking met Agri SA en Agri Noord-Kaap aangebied is, het 'n mediatoer behels waartydens boere in droogtegebiede op hul plase besoek is. De Klerk sê GWK wil 'n verskil maak in landbougemeenskappe. Hy meen op die langer duur gaan boere weens dié toestande tussen 10 jaar en 15 jaar benodig om hul boerderye weer op dreef te kry soos wat dit voorheen was.

 


OFM-nuus/Christal-Lize Muller en Blaine Jones

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.