On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Bek-en-klouseer-uitbreking kan mark vir weke ontwrig

───   09:12 Wed, 04 Jun 2025

Bek-en-klouseer-uitbreking kan mark vir weke ontwrig | News Article
Foto ter illustrasie: Getty Images

Die onlangse uitbreking van bek-en-klouseer (BEK) by Karan Beef se Heidelberg-aanleg stuur skokgolwe deur die vleisbedryf en plaas veral druk op speenkalfpryse tydens ’n kritieke tyd in die produksiesiklus.

Volgens dr. Johnny van der Merwe van AMT kan hierdie uitbreking die mark vir die komende twee tot drie weke ontwrig. 

Speenkalfpryse het verlede week reeds tekens van onsekerheid begin toon. Ligte kalwers onder 200 kg het effens gestyg tot R36,12/kg, maar swaarder kalwers het gedaal na R34,45/kg. 

Die gemiddelde prys vir kalwers tussen 200 en 250 kg het op R35,62/kg gestabiliseer, met direkte verkope op dieselfde vlak.

“Hierdie uitbreking kon nie op ’n moeiliker tyd gekom het nie. Ons is in speentyd en produsente is gereed om hul kalwers na voerkrale te stuur. Nou ontstaan daar logistieke knelpunte.”

Hy verwys na vorige BEK-uitbrekings waar voerkrale vir ’n kort tyd moes sluit, wat speenkalfpryse met tot R3/kg laat daal het. Al is dit vir voerkrale finansieel en logisties onvolhoubaar om lank toe te wees, is hulle genoodsaak om vinnig alternatiewe huisvesting te vind.

Vermy paniekbesluite

“Ons verwag ’n korttermynimpak op pryse, maar ook dat dit vinnig kan stabiliseer sodra logistieke roetes aangepas is. Die mark het voorheen wys geword en behoort dit weer te doen.”

Daar is geen aanduiding dat uitvoere tot dusver geaffekteer word nie, wat korttermynondersteuning vir slagpryse kan bied. Die A2/3-karkasprys het laas week met 2% gestyg tot R103,27/kg, terwyl die C2/3-prys op R68,86/kg gestaan het.

Van der Merwe maan produsente om paniekbesluite te vermy en op hul langtermynstrategie te fokus. Hy beklemtoon die belang van aanspeurbaarheid en biosekuriteit om soortgelyke risiko’s in die toekoms te beperk.

OFM Agri mvh



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.