On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK LUR vier Boomplantmaand

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:24 Mon, 07 Sep 2020

Landbounuus-podcast: NK LUR vier Boomplantmaand | News Article

Die LUR van Landbou, Omgewingsake en Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in die Noord-Kaap, Mase Manopole, het Boomplantmaand, wat jaarliks in September gevier word, afgeskop met die aanplant van spek- en wilde-olyfbome.


Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê Manapole het dié inheemse bome in die Barkley-Wes-oord in die Dikgatlong-plaaslike munisipaliteit aangeplant. Daar is op spekbome besluit, omdat dit 'n belangrike rol speel in die vermindering van die koolstofvoetspoor. Hy sê Suid-Afrika is een van die 20 grootste koolsofvrystellers ter wêreld en daarom is dié plant waardevol, gegewe sy merkwaardige vermoë om groot hoeveelhede koolstof uit die atmosfeer te onttrek. Hy sê bome lewer groot voordele in die verbetering van die gehalte van die lug wat ingeasem word en dit speel ook 'n ondersteunende rol in die stryd teen klimaatsverandering. Daarmee saam is die spekboom ideaal in die droogtegeteisterde Noord-Kaap, omdat dit min water verbruik en nie baie onderhoud verg nie. Dit is ook maklik om te kweek en bied medisinale waarde. Vanjaar se boomplantmaand se tema is woude en boidiversiteit wat die belang van die beskerming en bewaring van boidiversiteit in die land aandui, as ruggraat van onder meer  die ekonomie.

John Deere Afrika beloof om vanjaar aan besoekers aan die eerste Nampo-virtuele landbouskou 'n ervaring uit die boonste rakke te bied. Stephan Nel, bemarkingsbestuurder van John Deere Afrika, sê dié maatskappy se virtuele werklikheidsvertoonlokaal neem tegnologie vanjaar na 'n ander vlak. Hy sê daar is 'n verskeidenheid produkte wat deur middel van driedimensionele skanderings uitgestal gaan word. Die Nampo-virtuele landbouskou begin eerskomende Woensdag en duur tot Saterdag. Nel moedig belangstellendes uit om deel te neem aan dié aanlynplatform en vir meer inligting kan hulle John Deere Africa se Facebookblad besoek. Daar is verskeie kompetisies en daaglikse programme daarop beskikbaar, en groot pryse is op die spel. Besoek nampovirtual.co.za om te registreer.

EN

Daar is 'n groot waarskynlikheid dat die garsbedryf 'n insinking in die mark ten opsigte van 'n vraag daarna kan ondervind. Dit is weens die impak van die Covid-19-drankverbod, wat in plek was tydens inperkingsregulasies, maar intussen opgehef is. Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, sê al is daar 'n moontlikheid van 'n insinking in die mark, kan Suid-Afrika na verwagting meer as 500 000 ton in dié 2020/21 seisoen lewer weens verhoogde oppervlakaanplantings en verwagte hoër opbrengste na gunstige reënval in die Wes-Kaap. Hy sê dit is goeie nuus vir die land, wat dan 'n netto uitvoerder van gars kan bly. Suid-Afrika voer onder meer gars uit na Uganda, Namibië, Zambië, Botswana, Lesotho en Togo.



OFM-nuus



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.